Wil nie meer baas wees…

Posted by Klaas Waarzegger | Waaroor dit gaan | Saturday 8 August 2009 2:01 pm

24 Mei 2004

WIL NIE MEER BAAS WEES, BUSHIE …

Bushie,

Soos Deborah onderaan jou brief skryf, “grense grens en skree om oorskry te word.” Ek is bevrees jou mense het nie ’n blink toekoms nie. As jy Verwoerd se toesprake gaan lees, sal jy sien hoeveel het hy vir julle gedoen: skole gebou, gemeenskapsbehuising, maar bowenal: deur die Groepsgebiedewet is julle in die Wes-Kaap beskerm teen die Xhosas.

Tans stroom die Xhosas natuurlik teen ’n geweldige tempo na die Wes-Kaap, blykbaar 10 000 per maand. Binne die volgende dekade of so gaan die kleurlinge ’n minderheid in daardie provinsie wees en gaan julle verdryf word uit die bietjie werkgeleenthede waaroor julle nog beskik.

Die geskiedenis van kleurlinge in Suider-Afrika is nie baie roemryk nie. Daar is nou nog argeologiese en taalkundige reste van julle teenwoordigheid tot in Tanzanië, maar die swartes het julle verdryf tot in die droër dele van Suid-Afrika, soos die Noord-Kaap byvoorbeeld.

Om teen die Afrikaners te gekies het, soos julle wel oor een oor gedoen het, was ’n baie groot strategiese fout wat net julle einde gaan verhaas. Julle het vir ons “baas” gesê, maar die baas het vir julle werk verskaf, opleiding, behuising, skole en gesondheidsdienste. Ek is bevrees die swartes stel net in hulself belang en het min tyd vir julle, al sal hulle dit natuurlik nie direk laat blyk nie.

Uiteindelik gaan julle almal verplig wees om maar Noord-Kaap toe te trek en daar te gaan krepeer, want die swartes gaan julle finaal uit die Wes-Kaap verdryf.

Wat Afrikaans betref, moet jy besef dat julle oorspronklike tale hoofsaaklik uitgesterf het. Afrikaans is ’n Wes-Germaanse dialek wat nou nog verstaanbaar is in Nederland, Vlaandere en die westelike dele van Duitsland. Ons het dit gestandaardiseer volgens Europese norme, ’n letterkunde, taalkunde en wetenskap daarin geproduseer waarin julle slegs by uitsondering ’n rol gespeel het. As ’n reël skryf kleurlingskrywers in Engels. Lees maar Hein Willemse se rubriek in die Beeld waar hy popel oor ene Chris van Wyk wat ’n “childhood memoir” oor sy lewe in ’n “coloured township” in Johannesburg geskryf het. Ons gun julle Engels, waarin julle kan verdwyn net soos julle as ’n faktor in Suid-Afrika gaan verdwyn.

Wat jou stelling betref dat witmense niks met hulle hande geproduseer het nie, stel ek voor jy gaan besoek ’n paar luuksemeubelwinkels soos dié van Pierre Cronjé waar jy kan sien waartoe witmense in staat is. As jy ooit Europa toe gaan, kan jy ook gaan kyk hoe lyk geboue, skilderye, tapisserieë, porselein en masjinerie wat honderde en selfs duisende jare gelede deur ons geproduseer is en tot vandag toe versorg en in stand gehou word.

As jy onder die indruk verkeer dat witmense en veral Afrikaners nie in staat is om te werk nie, verkeer jy onder ’n groot illusie my vriend. Maar, bo en behalwe die feit dat ons in staat is om hande-arbeid te verrig, beskik ons oor ’n vrugbare verstand wat deur die eeue die ongelooflikste stukke gereedskap en tegnologie uitgevind het. Binnekort gaan ongeskoolde werk deur masjiene en robotte gedoen word.

Neem nou maar byvoorbeeld die 40 000 petroljoggies in Suid-Afrika. In Europa gooi mense self petrol in en gaan betaal agterna by die toonbank. Hierdie stelsel kon lankal in Suid-Afrika ingevoer gewees het, maar witmense en veral die petrolmaatskappye voel jammer vir die petroljoggies wat tot niks anders in staat is as om ’n petrolpomp te werk en ’n voorruit te was nie.

Dieselfde geld vir ons motorfabrieke wat steeds van ongeskoolde arbeid gebruik maak terwyl hul Europese en Japannese ekwivalente reeds grootskaals robotte ingevoer het wat al die sweis- en monteerwerk doen.

Indien ons môre ons huise en karre aan julle oordra, sal dit tien jaar of minder neem voordat die karre gaan staan weens ’n gebrek aan onderhoud, die huise verval en die munisipaliteite bankrot speel omdat julle gewoonlik nie jul erfbelasting betaal nie. Gaan kyk maar hoe lyk dit in die res van Afrika waar die inheemse inwoners die koloniale herehuise betrek het. Gewoonlik eindig dit waar hulle die sinkplate van die dak af stroop en so ’n klein kaja oprig, reg langs die murasie waar eens ’n blanke herehuis gestaan het.

Maar doe zo voort, Bushie, ek dink jou brief mag dalk ’n paar Afrikaners se oë laat oopgaan oor die futiliteit om nog hoegenaamd met kleurlinge te sukkel.

Tans word ons deur swartmense oorheers, maar dit is nie ons skuld nie. Dit was De Klerk en Roelf Meyer wat ons in dié gemors laat beland het, onder druk van Westerlinge wat geen benul van swartes het nie. Ek verseker jou dat elke keer as ’n swarte in Londen by ’n huis inbreek, hy heelwat doen vir die opvoeding van Engelse en ander Westerlinge. Meer as 50% van die misdaad in Londen word reeds deur swartes gepleeg, hoewel hulle maar ’n klein minderheid van die bevolking verteenwoordig.

Ons gaan nog eendag weer ons vryheid verwerf, soos ons nog altyd regdeur ons geskiedenis reggekry het. Maar wat die kleurlinge betref, sien ek geen toekoms nie. Julle sal altyd vir iemand moet “baas” sê. Waarskynlik sal dit die swartes wees wat julle gaan bly oorheers, want ons wil nie meer julle base wees nie. Die kool is eenvoudig nie die sous werd nie.

Ek sal veel eerder ’n Japannese of Duitse robot koop wat ons eie mense kan programmeer om Afrikaans te praat en vir ons huiswerk te verrig as wat ek enige anderskleurige meer in diens wil hê.

Om dit in die Engels te stel waaroor julle almal vrek: once bitten, twice shy.

Mark Condor

1 Comment »

  1. Comment by AK rata ta — September 9, 2009 @ 2:48 pm

    Amen!
    Beter kon ek dit nie gesê het nie.

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Leave a comment