Andries Vrey van Rapport ontken rassewerklikheid
In vandag se Rapport is daar al weer ‘n stukkie liberale werklikheidsontkenning deur Andries Vrey wat kla oor al die “rassistiese reaksies” op die voorbladberig ‘n week gelede in die koerant waarin blanke studente daarvan beskuldig word dat hulle goedsmoeds ‘n swarte aangerand het.
Al wat Andries Vrey hoef te doen om sy lesers van die waarheid van sy stelling te oortuig dat “almal misdaad pleeg” is om die misdaadstatistiek volgens ras te publiseer.
Indien blankes nege persent van alle moorde, rooftogte, diefstal, ens. pleeg, dan kom misdaad eweredig onder alle rasse voor.
Waarom sien ons nooit sulke statistieke nie? Omdat misdaad, soos Vrey in ‘n rare oomblik van eerlikheid erken, “dat misdaad in Suid-Afrika ’n oorwegend swart gesig het”. Sowel die ANC-bewind as die media verswyg die ware omvang en rasseaard van die misdaadepidemie.
Die reaksie van Rapport se lesers is heeltemal geregverdig, want sulke berigte waar “bose blankes” swartes goedsmoeds aanval (soos bv. die Skielik-moorde) word deur die media aan die groot klok gehang om juis die aandag van ongebreidelde swart misdaad en geweld af te lei.
Hoeveel blankes is nie op Stellenbosch al deur Kleurlinge of swartes aangeval nie? Het ons dit al ooit op die voorblad gesien? Nee, want dit sou die werklikheid bevestig, pleks van dit te ontken, soos dít waarmee Vrey besig is.
Die enigste oplossing vir misdaad in hierdie verskriklik gewelddadige, korrupte land, is vir elke Afrikaner om hom- of haarself te bewapen en fisieke weerstand teen aanvalle te bied. Ons voorouers het so geleef en kon by tye nie sonder ‘n geweer gaan ploeg nie. Ter wille van ons oorlewing sal ons weer hulle parate leefwyse moet aanneem.
